Wanneer moet my kind tandarts toe gaan??


Wanneer ons die vraag antwoord is dit dat ons kyk wanneer kry kinders tande. 
As mens na erupsie tye kyk is dit ook baie belangrik om te onthou dat die ouderdomme gegee in die tabel net n aanduiding is en nie n definitiewe nie. Indien jou kind se tande of vroeër of later uit kom is dit nie n probleem nie. 
Hier kan ons sien dat op die ouderdom van 2 meeste primêre tande teenwoordig is. Dit is dus dan n ideale tyd om hulle 1ste besoek kort na hulle 2de verjaarsdag  te maak. 
En dan op n gereelde 6maande basis vir ondersoeke te gaan sodat klein problempies opgelos kan word,en sodat die kinders gewoond kan raak aan die omgewing en die Dr. Dit maak die dag wat daar dalk n groot probleem is makliker vir die kind om te hanteer aangesien  hy reeds die omgewing en mense ken en dit aan hom bekend is . 

My voorstel is altyd dan n gesin die 6 maandelikse ondersoek n familie uitstappie maak  en so kweek ons n goeie gewoonte by ons kids . 

Kan nie wag om julle te sien nie jongspan 
Groete Dr Tharina 

Popular posts from this blog

How to avoid a dental emergency

Missing teeth what now ?

Bruxing